150 uur GLR PBO Skool

Hierdie program word slegs in Engels aangebied.

Praktiese beroepsopleiding vir kandidaatprokureurs – geakkrediteer deur die RPR

Die Gawie le Roux Regsinstituut bied ’n praktiese beroepsopleiding (PBO)-program (voorheen bekend as praktiese regsopleiding (PRO)) van 150 uur aan vir kandidaatprokureurs wat ingevolge ’n 24 maande-kontrak (internskap) werk of ’n 24 maande-kontrak voltooi het. 

Hoekom moet jy ’n PBO Skool bywoon? 

Dit is verpligtend om ’n program van gestruktureerde kursuswerk (regsfakulteit) te voltooi as jy as ’n prokureur toegelaat wil word.

Wanneer moet jy kies om die 150 uur-program te doen? 

As jy reeds werk ingevolge ’n PBO-kontrak van 24 maande, moet jy die 150 uur-program van gestruktureerde kursuswerk voltooi (Reg. 6(1)(a)).  Jy moet hierdie program voltooi terwyl jy werk kragtens jou PBO-kontrak (Reg. 6(1)(a)( i )), of binne 'n tydperk van hoogstens 12 maande na die beëindiging van jou PBO-kontrak (Reg. 6(1)(a)(ii)).

Wat is die voordele van die 150 uur-program?

  • Dit dek dieselfde kursusinhoud as die 400 uur-program, maar met minder lesings en minder voorgeskrewe studie-ure.
  • Dit vul jou tweejaar-PBO-kontrak aan.
  • Dit is kostedoeltreffender as die 400 uur-program.
  • Studente wat die 150 uur-program voltooi het, kom in aanmerking vir 10% afslag wanneer hulle vir die toelatingseksamenkursusse vir prokureurs registreer om vir die bevoegdheidsgebaseerde eksamens (raadseksamens) voor te berei.

Wat is die beperkings van die 150 uur-program?

  • Dit kan jou nie ’n verkorting van een jaar op jou PBO-kontrak gee nie.
  • Jy kan nie later na die 400 uur-program opgradeer nie, aangesien dit twee aparte programme is.
  • Jy mag die toelatingseksamens aflê eers nadat jy ses maande ingevolge ’n PBO-kontrak gewerk het.

Vergelyk die voordele van die 150- en 400-uur-programme hier.

Na suksesvolle voltooiing van hierdie program: 

Jy sal ’n sertifikaat van bevoegdheid ontvang, wat deel vorm van jou aansoek om toelating en inskrywing as ’n prokureur.

Hoor wat GLR-alumni te sê het oor hulle ervaring by ons Instituut.

Klik hier vir kursusvakke

Vakke vir die 150 uur- en 400 uur-programme is dieselfde, maar die voorgeskrewe veronderstelde ure wat aan lesings en opdragte bestee word verskil.

  • Constitutional law
  • Ethics for legal practitioners
  • Delictual & personal injury claims
  • Civil procedure & trial advocacy
  • Criminal court practice & trial advocacy
  • Labour dispute resolution
  • Alternative dispute resolution
  • Legal practitioners accounts management
  • Wills & estates
  • Matrimonial matters & divorce
  • Legal costs
  • Drafting of contracts
  • Introduction to cyber law
  • Introduction to practice management


Roosters vir 2026 is nou beskikbaar.

Toelatingsvereistes vir die program
  • ’n LLB-graad van ’n Suid-Afrikaanse universiteit; of
  • ’n Regsgraad in ’n ander land, wat gelykstaande is aan die Suid-Afrikaanse LLB-graad, en wat deur SAQA as ekwivalent erken word. (Let asseblief daarop dat bevestiging van buitelandse akkreditasie deur SAQA die uitsluitlike verantwoordelikheid van die aansoeker is); en
  • ’n Gemiddeld van 55% of meer in jou graad (hierdie vereiste kan na goeddunke van die Skool se hoof kwytgeskeld word).
     
 
Die logistiek
  • Die 150 veronderstelde ure wat deur die Regspraktykraad (RPR) vir hierdie geakkrediteerde program voorgeskryf word, bestaan uit lesings en huiswerk.  ('Huiswerk' is tyd wat vir voorbereiding, werkopdragte, verdere leeswerk en assesserings toegewys word.)
  • Daar is twee opsies beskikbaar vir lesings -
    • aanlyn bywoning van lesings; en
    • deur na opnames van hierdie lesings te kyk.
  • Alle vakke sal aanlyn aangebied word en sal via opnames beskikbaar wees, behalwe die volgende twee, wat óf persoonlik óf aanlyn aangebied sal word en intyds bygewoon moet word, naamlik: Civil procedure and trial advocacy (2½ weeksdae); en Criminal court practice and trial advocacy (2 weeksdae).
    • Die lesings vir hierdie twee vakke sal persoonlik en gelyktydig aanlyn in Pretoria (Lynnwood) aangebied word.  Die duur sal dieselfde wees ongeag of jy persoonlik of aanlyn bywoon. Opnames sal nie vir hierdie twee vakke beskikbaar wees nie.
  • Assessering vir elke vak sal aanlyn wees.
  • Die gelde sluit alle studiemateriaal (PDF-formaat), lesings en toegang tot die aanlynportaal in, waar van toepassing.
  • Die roosters vir 2026 is nou beskikbaar.  Die Skool behou hom die reg voor om die rooster te wysig.  Jy sal so gou moontlik in kennis gestel word indien dit nodig is om enige veranderinge aan te bring. Navrae kan gerig word aan pvtatgawieleroux.co.za
 
Ons belofte
  • Die doel van hierdie program is om die gaping tussen teoretiese kennis en die toegepaste begrip wat vir regspraktyk vereis word, te oorbrug.
  • Ons streef daarna om jou toe te rus met die praktiese vaardighede wat jy nodig het om sukses te behaal in die regsprofessie.
  • Ons dosente is gesaghebbend op hulle onderskeie regsgebiede en put uit ’n groot poel persoonlike ervaring om ’n kompakte leerervaring  van hoë gehalte te bied.

 
 

 
Waarvoor wag jy?
×

Join Telegram group

 
Select one or more group/s by pressing ctrl and clicking on the desired group/s you wish to join.
 
×

Admission Application Template Pack

Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.

The template pack includes:

  • A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
  • A list of requisite annexures
  • A template for the notice of motion
  • A template for the founding affidavit
  • A template for the supporting affidavit