Praktiese aktes vir prokureurs

Ons is trots om aan te kondig dat Praktiese aktes vir prokureurs volledig hersien is.
 

Gee jou praktiese ervaring ‘n voorsprong

Baie geluk met jou sukses in die akte-eksamen! En baie sterkte as jy nog daarvoor voorberei.

Jy het hard gewerk om die eksamen te slaag.  Om die teorie te ken, is een ding; om dit met selfvertroue in die praktyk toe te pas, is iets heeltemal anders.  Hierdie kursus is daarop gerig om daardie gaping te oorbrug en jou ’n praktiese begrip van aktepraktyk as geheel te gee.

Voordele van hierdie kursus

Prakties

  • Hierdie kursus is waarlik uniek, aangesien die volle fokus op jou dag-tot-dag praktiese take as aktevervaardiger is. Ons fokus op die waarom, wat, hoe, waar en wanneer van aktepraktyk, sodat jy nie net verstaan wat om te doen nie, maar ook waarom en hoe dit gedoen word.
  • Ons illustreer hoe die teorie in aktepraktyk toegepas word op die twee fundamentele bene van die praktyk, naamlik transportaktes en verbande.
  • Jy ontvang omvattende handleidings wat transportaktes en verbande breedvoerig uiteensit, en jou leiding gee al die pad vandat jy die lêer oopmaak tot by sy finale afsluiting.
  • Ons lei jou daarin om ‘n bewese sisteem in jou kantoor op te stel.
  • Die praktiese gevallestudie van ‘n transportakte gee jou blootstelling aan die volle proses deur huidige transportstelsels en -vereistes, oordragskoste en BTW, indiening en registrasie te behandel.  Alle finansiële aspekte van ‘n transportsaak word bespreek, met praktiese riglyne om jou meer doeltreffend en selfversekerd te maak.
  • Die handleidings wat jy ontvang sal dien as praktiese verwysingsmateriaal in jou kantoor.

Teorie

  • Die teoretiese afdeling bestaan uit 'n stel notas met die teorie wat van toepassing is op hierdie kursus.  Ons neem egter aan dat jy, as nuut-toegelate of aspirante aktebesorger, oor 'n basiese begrip van die teoretiese sy van aktepraktyk beskik.
  • Hierdie afdeling dien slegs as agtergrond en word nie tydens die lesings bespreek nie.
  • Registreer vroegtydig om jou notas lank vooraf te ontvang.  Sodoende is jy in staat om jou geheue te verfris aangaande die teorie alvorens die kursus afskop.
Kursusinhoud
  1. ‘n Volledige stap-vir-stap simulasie van ‘n voltitel-oordrag met insette wat fokus op deeltitel-oordrag.
  2. Die nuutste elektroniese sisteme vir munisipale klaringsaansoeke wat gebruik word vir heffings en belastings, sowel as soortgelyke take.
  3. Die nuutste hereregte sisteme met bykomende BTW-insette.
  4. Elektroniese waarborge en die sekuriteit daarvan.
  5. Die nuutste fooie en hoe om dit te hanteer.
  6. ‘n Kortlikse bespreking van die nodige nakomingsertifikate.
  7. Die indiening en registrasie van Aktekantoordokumente, sowel as die prosesse na afloop van registrasie.
  8. Die bekendstelling van ’n bewese sisteem wat in regskantore geïmplementeer kan word om die hele proses so stresvry moontlik te maak, insluitend riglyne in die bestuur en ondersteuning van ondersteuningspersoneel.
     
 
Zoom-lesings

Opsie A: Praktiese Transportaktes | 5 oggendsessies

Opsie B: Praktiese Verbande | 3 oggendsessies

Opsie C: Beide A en B | 8 oggendsessies

Spaar met ons vroeë registrasiefooi.

 
Opnames

Jy ontvang 2 kykgeleenthede.

Opsie A: Praktiese Transportaktes | 5 weke om na opnames te kyk

Opsie B: Praktiese Verbande | 3 weke om na opnames te kyk

Opsie C: Beide A en B | 8 weke om na opnames te kyk

Wie moet bywoon?
  • Hierdie kursus is gepas vir enige iemand wat met aktes werk, of jy deel is van 'n span of jou eie praktyk wil begin.  Dit sal die bestuurder van ’n akte-departement toerus met vaardighede om jou span regsassistente te bestuur en te ondersteun. Indien jy alleen werk, sal dit van nut wees deur praktiese sisteme en template op te stel waarmee jy jou eie praktyk effektief kan bestuur.
  • Hierdie kursus sal die ervare regspraktisyn se kennis verfris en vaslê, maar dit is ewe belangrik vir die nuwe regspraktisyn wat blootgestel wil word aan die praktiese kant van die beroep.
  • Die kursus is prakties ingestel, maar as jy nog nie die akte-eksamen geskryf of geslaag het nie, sal hierdie kursus ook jou help voorberei daarvoor.  Terugvoer vanaf ons studente maak dit duidelik dat hierdie kursus hulle help om hul teoretiese kennis van aktes met die praktyk te integreer.
 
Ons belofte
  • Niks kan die waardevolle ervaring wat jy in die werksplek opdoen, vervang nie.  Ons kursus sal egter vir jou ’n fondasie skep van waaraf jy jou praktiese vaardighede kan ontwikkel, en jou sodoende toelaat om vinniger en meer effektief te kan werk.
  • Ons sal jou toerus met 'n bewese sisteem wat vir jou die selfvertroue sal gee wat jou aktepraktyk nodig het.  Ons ondersteun die sisteem met praktiese leiding, omvattende verwysingshandleidings en voorbeelde wat van toepassing is op jou daaglikse werk.
  • Is jy 'n nuut-toegelate aktevervaardiger, 'n enkelpraktisyn wat sonder 'n akte-sekretaresse werk, of die een wat die aktedepartement in 'n gevestigde firma bedryf?  Dan sal hierdie kursus vir jou die praktiese vaardighede en sisteme gee wat jy benodig om jou werk effektief te doen.
 
Waarvoor wag jy?
×

Join Telegram group

 
Select one or more group/s by pressing ctrl and clicking on the desired group/s you wish to join.
 
×

Admission Application Template Pack

Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.

The template pack includes:

  • A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
  • A list of requisite annexures
  • A template for the notice of motion
  • A template for the founding affidavit
  • A template for the supporting affidavit