Mediasie: Bitter Huwelik, Beter Egskeiding
| Gesinsregspraktisyns, neem kennis: bemiddeling gaan binnekort verpligtend word in alle gesinsgeskille |
Waarom bemiddeling?Eerstens, jy het geen addisionele akkreditasie nodig om as bemiddelaar op te tree nie. Indien jy ‘n praktiserende regspraktisyn (prokureur of advokaat) is, is jy gekwalifiseerd om te litigeer of te medieer, as alternatief. Daar word toenemend aanvaar dat die tradisionele adversatiewe litigasiestelsel, wat op die meeste ander gebiede van ons reg goed werk, vir die beslegting van egskeidingsake en ander gesinsgeskille nie baie geskik is nie. Meer spesifiek: die adversatiewe stelsel vererger die risikofaktore van egskeiding vir kinders. Die voordele van bemiddeling in gesinsake word trouens wêreldwyd hoog aangeskryf.As 'n gesinsregspraktisyn sal jy dus die paradigmaskuif moet maak om jou gesinsregspraktyk te verbreed en te herstruktureer ten einde die lewering van egskeidings- en gesinsbemiddelingsdienste aan jou kliënte in te sluit. Bemiddeling is reeds verpligtend by ouerskapskwessies ingevolge die Kinderwet, en dit word aangemoedig in alle siviele aangeleenthede ingevolge die hofgedrewe bemiddelingsreëls van die Landdroshof en die Hooggeregshof, en dit gaan binnekort verpligtend word in alle gesinsaangeleenthede ingevolge die SA Regshervormingskommissie se Wetsontwerp op die Beslegting van Gesinsgeskille. |
Join Telegram group
Admission Application Template Pack
Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.
The template pack includes:
- A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
- A list of requisite annexures
- A template for the notice of motion
- A template for the founding affidavit
- A template for the supporting affidavit