Die POPI-wet vir besighede
Kry die sleutelpunte reg teen 1 Julie 2021 |
|
Baie besighede en organisasies kla dat die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (Protection of Personal Information Act - POPIA) net rompslomp is en iets is wat hulle "IT-mense" sal moet hanteer - later. Hierdie veronderstellings is nie net foutief nie, maar mis ook die punt. In die nakomingsbedryf is die proses om gereed te maak vir nakoming 'n komponent van goeie bestuur in dag-tot-dag-aktiwiteite, en nie 'n stel reëls wat per e-pos voor die voet aan almal gestuur word nie. Met die nakomsdatum van 1 Julie 2021 net om die draai, moet ons almal ons sake in orde kry. POPIA is nie 'n papiertaak wat verrig kan word deur privaatheidsbeleide te kopieer en in te plak nie, want die vorm van privaatheidsbeskerming is eie aan elke besigheid. En dit is nie net iets vir die IT-afdeling nie, hoewel die IT-komponent belangrik is. Dit is trouens die verantwoordelikheid van die bestuur om te verseker dat die besigheid - ongeag of dit groot of klein is, kliëntehantering of kantoorgebaseerde aktiwiteit is - maatreëls tref om te verseker dat enige persoonlike inligting wat hy verkry, hanteer word soos dit in die Wet voorgeskryf word. Met ons seminaar beoog ons om vir jou die raamwerk en gereedskap te gee om POPIA-nakoming deel te maak van hoe sake gedoen word. |
Join Telegram group
Admission Application Template Pack
Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.
The template pack includes:
- A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
- A list of requisite annexures
- A template for the notice of motion
- A template for the founding affidavit
- A template for the supporting affidavit