Aktekursus vir sekretaresses (paralegals)

Hierdie kursus was oorspronklik “aktepraktyk vir tiksters” genoem, maar tye het verander. ‘n Toenemende aantal mans doen nou ook hierdie werk.  Daarom is die nuwe titel “regsassistent” of “paralegal” meer gepas as “sekretaresse” of “tikster”, alhoewel die meerderheid regsassistente in hierdie veld nog steeds vroulik is.  Die terme “aktetikster” of “sekretaresse” sal daarom nog vir ‘n baie lang tyd met ons wees.

Hierdie is die vlagskip van ons gespesialiseerde kursusse vir regsassistente (paralegals).  Dit is ook een van ons oudste kursusse.  Dit word reeds sedert 1999 aangebied.  Ons het honderde aktetiksters oor die jare opgelei.  Die hele kursus is in 2020 herontwerp.  Dit is en bly steeds ‘n unieke kursus, enig in sy soort.

Jy kan nou kies tussen twee trajekte - een in Transporte (aktes) en die ander in Verbande en só kan jy die leer stap vir stap klim.  Die vlakke bou op mekaar, wat beteken dat jy meer en meer bekwaam raak soos wat jy die vlakke bemeester.  Dit beteken ook dat wanneer jy ‘n nuwe vlak aanpak, al die laer vlakke in daardie trajek ‘n voorvereiste is.

TRANSPORT-
trajek

As jy in transportaktes werk, is hierdie die trajek vir jou.

Vlak 1 Teorie - Transportaktes (2 oggende)
Vlak 1 Praktiese gevallestudie - Transportaktes (3 oggende)

Vlak 1 is verpligtend om te vorder na Vlak 2:

Vlak 2 Teorie - Deeltitels (1 oggend)
Vlak 2 Praktiese gevallestudie - Deeltitels (3 oggende)

Ekstras vir Transportaktes

Vlak 1 & 2 is verpligtend vir hierdie twee opsionele ekstras:

Vlak 3 Boedeloordragte (Vlak 1 en 2 beide Teorie en Praktiese gevallestudie is voorvereistes) (2 volle dae)

Vlak 3 - Boedeloordragte is slegs in Engels beskikbaar.

en/of

Vlak 3 Verbande en kansellasies (2 volle dae)

Verbande-
trajek

As jy in verbandregistrasies en kansellasies werk, is hierdie die plek vir jou.

Vlak 1 Teorie - Transportakte (2 oggende)
Vlak 2 Teorie - Deeltitels (1 oggend)
Vlak 3 Verbande en kansellasies (2 volle dae)

(Vlak 1 Teorie en Vlak 2 Teorie is dieselfde vir die Transporttrajek en die Verbandetrajek)

ZOOM-LESINGS

Vir dié wat beter vaar met interaksie en wil baat by die gefokusde studieleiding van ons hoogs bekwame dosente.

Zoom-klasse word    tot 20 deelnemers beperk om 'n persoonlike en interaktiewe klassamestelling te verseker.

Oggendsessies | 08:00-13:00

Spaar met ons vroeë registrasiefooi.

 

SELFSTUDIE

Vir dié wat nie in staat is om die kursus by te woon nie of eerder teen hulle eie tempo wil werk.

Geen registrasie-afsnydatum nie

Identiese studienotas aan dié van die Zoom-lesings.

Werk teen jou eie pas tot 'n maksimum van 2 maande per sertifikaat.

×

Join Telegram group

 
Select one or more group/s by pressing ctrl and clicking on the desired group/s you wish to join.
 
×

Admission Application Template Pack

Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.

The template pack includes:

  • A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
  • A list of requisite annexures
  • A template for the notice of motion
  • A template for the founding affidavit
  • A template for the supporting affidavit